TRAC

Blog

Bossewaens maak vervoer tydens Innibos maklik

Vervoer na en van opvoerings tydens die Innibos fees, vanaf 2 tot 6 Julie, in Nelspruit, gaan weereens maklik gemaak word met die TRAC Bossewaens.

Indien die gedagte van parkering of verkeer tydens die fees jou bekommer, is die Bossewaens net die regte medisyne. Die diens word deur professionele operateurs behartig, en feesgangers sal in 4×4 wild besigtigings voertuie kan ontspan terwyl hulle na en van produksies by Innibos vervoer word. Dit bied ‘n veilige en moeitevrye oplossing, en teen slegs R 10.00 per rit, bied dit absoluut waarde vir geld.

Die diens is sinoniem met die 4-dag fees wat die afgelope paar jaar deur TRAC geborg word. Dié jaar word meer as 100 000 feesgangers verwag, en die Bossewa diens sal verseker bydra tot ‘n positiewe feeservaring. Verkeers-uitdagings in en om Nelspruit sal feesgangers glad nie raak nie, en hulle sal betyds op- en afgelaai word by die onderskeie produksies.

Om ‘n rit mee te maak is heel eenvoudig en geen vooraf besprekings is nodig nie. Bossewaens sal vanaf ‘n sentrale punt op die feesterrein naby die hoof ingang vertrek, 30 minute voor die spesifieke produksie, en weer 20 minute na die produksie gereed wees om feesgangers terug na die fees terrein te vervoer.

TRAC is weereens trots om deel te wees van Innibos wat hulde bring aan die Suid Afrikaanse kultuur. As die operateur van die N4 Toll Route, gaan die diens hand in hand met dit waarin ons glo – ‘n veilige en betroubare reiservaring. Indien mens in ag neem dat meer as die helfde van die feesgangers vanaf Gauteng en die Hoëveld reis, is die borgskap gepas vir ons organisasie, en meer van belang, vir ons pad gebruikers.

Enquiries
Solange Soares-Nicholson
Communications Officer
Tel: +2713 755 3316 (switchboard)